Suid-Soedan: Minister doodgeskiet
2011-02-09 18:00
Juba - Suid-Soedan se minister van landelike ontwikkeling, Jimmy Lemi Milla, en sy lyfwag is Woensdag doodgeskiet, het die Suidelike weermag se woordvoerder gesê. Dit was moontlik ‘n persoonlike bakleiery.
“Daar was op die ministeries geskiet waarin die minister en sy lyfwag dood is,” het Philip Aguer , die Sudan People’s Liberation Army se woordvoerder, gesê.
“Dit wil voorkom of die skieter die minister se motorbestuurder was. Hy het homself ook doodgeskiet,” het Aguer gesê.
Dit is egter onbekend presies hoekom die skietery plaasgevind het.
“Hulle kom almal van dieselfde etniese groep af en dit is moontlik dat dit ‘n persoonlike saak was,” het hy gesê.
-AFP
-Volg Nuus24 op Twitter.