Strafhof soek toesig oor Gaddafi se seun
2011-08-22 11:21
Tripoli – Die internasionale strafhof (ISH) gaan Maandag met die Libiese rebelle vergader om toesig oor Saif al-Islam Gaddafi, een van Muammar Gaddafi se seuns wat deur die rebelle gevang is, te kry, het Luis Moreno-Ocampo, die hoofaanklaer, gesê.
Moreno-Ocampo het gesê Saif al-Islam is “baie belangrik” vir die hof. Die strafhof het in Junie ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik op aanklagte van misdade teen die mensdom.
“Ons sal die verskuiwing van toesig en hoe om hom oor te gee, bespreek,” het Moreno-Ocampo gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Lees die volledige artikel by CNN.