Strafhof gaan voort met Kenia-saak
2011-08-31 18:23
Nairobi –Die appèl van die Keniaanse regering om te verhoed dat ses mense verhoor word oor hulle verbintenisse met die geweld ná die 2008-verkiesing, is deur die internasionale strafhof verwerp, het BBC News berig.
Die ses mense sluit in die adjunkpremier, twee voormalige ministers en ‘ n voormalige polisiehoof.
Luis Moreno-Ocampo, die strafhof se hoofaanklaer, het gesê hulle is van moord, deportasies en vervolging aangekla.
Daar is sowat 1 200 mense dood en ongeveer 500 000 het die geweld probeer ontvlug.
Die hofsaak sal Donderdag begin.
– Lees die volledige artikel op BBC News.
– Volg Nuus24 op Twitter.