Straatkinders brand mark in Malawi af
2011-09-19 21:58
Blantyre – Straatkinders het na bewering ‘n mark afgebrand wat
opgerig is om straatsmouse uit die kommersiële gebied te hou.
Die kinders het ‘n vuur gemaak om die koue te
ontsnap toe dit buite beheer geraak en die mark aan die brand geslaan het.
Geen beserings is aangemeld nie, het Dave Chingwala, polisiewoordvoerder, gesê.
Ure na die brand, het die smouse, wat al hul
goedere in die vlamme verloor het, die straatkinders te lyf gegaan.
‘n Woordvoerder vir die regering, Patricia
Kaliate, het gesê die regering sal hul bes doen om diegene wat deur die brand
benadeel is, by te staan.
Sowat 1 300 smouse het stalletjies by die mark
gehad.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP