Stormloop ná ontploffing in Nigeriese rooiligdistrik
2011-07-12 12:00
Kano – ‘n Ploftoestel het in ‘n rooiligdistrik in die noorde van Nigerië ontplof maar niemand is in die voorval beseer nie, het inwoners Maandag gesê.
Die toestel is glo tuisgemaak.
Dit het ontplof in die Obalande-gebied in Kaduna, wat bekend is vir sy bordele, kroeë en hotelle.
“Die toestel is in ‘n asblik naby ‘n sloot versteek en het afgegaan toe mense rondom plesierig geraak het,” het Femi Adesina, ‘n inwoner, gesê.
“Al is niemand in die voorval beseer nie, het dit ‘n stormloop veroorsaak toe mense inderhaas die omgewing wou verlaat.”
Die polisie in Kaduna was tot dusver nie beskikbaar vir kommentaar oor die voorval nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP