Steeds geen teken dat Gaddafi oorgee
2011-08-22 13:15
Tripoli – Libiese rebelle het Maandag beheer oor Tripoli verskerp terwyl dit nog onseker is waar Muammar Gaddafi homself bevind.
“Ons doen ‘n beroep op die res van die Gaddafi-regime om oor te gee of hulle sal uitgeskakel word,” het Abdel Hakim Belhaj, ‘n bevelvoerder van die rebelle, gesê.
Die rebelle het die naam van die Groen Plein in Tripoli, waar Gaddafi sy ondersteuners altyd aangespreek het, na die Plein van die Martelare herdoop.
Intussen het
Navo gesê hy sal aanhou met sy lugpatrollies oor Libië totdat alle Gaddafi-magte oorgegee het.
Anders Fogh Rasmussen, Navo se sekretaris-generaal, het Maandag gesê dit is “duidelik dat die regime besig is om te verkrummel.” Hy het gesê hoe gouer Gaddafi dit besef, hoe beter.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA