Staking dwing Malawiese howe tot stilstand
2012-01-10 11:16
Lilongwe – Hofverrigtinge in Malawi het tot stilstand gekom nadat 2 000 regswerkers vir 'n onbepaalde tyd oor swak werkstoestande en salarisse begin staak het, het RSG berig.
Volgens die organiseerders van die staking is al 200 howe in die land gesluit.
Die betogers het gesê die parlement het in 2006 'n salarisverhoging van 40% goedgekeur, sowel as 'n verdere 60% in 2009. Daar het egter niks van gekom nie.
Die Malawiese ekonomie trek swaar nadat skenkers hulle bydrae tot die land verminder het. Skenkers is verantwoordelik vir 40% van die land se ontwikkelingsbegroting.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG