Spanning loop hoog Botswana en Zim

2010-02-08 23:48
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Betrekkinge tussen Botswana en Zimbabwe het ’n laagtepunt bereik met Botswana wat ’n ultimatum van 24 dae aan Zimbabwe gestel het om sy verdedigings- en intelligensie-attachés aan die land te onttrek.

Dit kom ná ’n dispuut tussen die twee lande oor die arrestasie van drie regeringswild­wagters van Botswana wat glo sowat drie weke gelede uit onkunde oor die Zimbabwiese grens gedwaal het.

Die drie was op die spoor van ’n trop leeus wat verskeie koeie in Botswana verskeur het toe hulle hul in ’n Zimbabwiese grenspatrollie vasgeloop het.

Hulle het die Zimbabwiërs glo gevra hoe om weer op die regte pad te kom, maar is vervolgens gearresteer.

Die Botswana-regering het die naweek in ’n verklaring gesê hy het reeds sy eie attachés in Zimbabwe onttrek.

Botswana het twee jaar gelede reeds sy ambassade in Harare gesluit, blykbaar uit protes teen die onreëlmatighede wat met die verkiesings dié jaar in Zimbabwe plaasgevind het.

Ná die jongste voorval het verskeie regeringsleiers glo vergeefs probeer om die dispuut by te lê.

The Zimbabwe Times berig dat Botswana se minister van buitelandse sake, mnr. Phandu Skelemani, sy frustrasie uitgespreek het oor Zimbabwe se beweerde onverbiddelikheid om die wildwagters vir betreding te vervolg.

Die Zimbabwiese ambassadeur in Botswana het aan hom gesê die regstelsel in sy land moet sy gang gaan, terwyl Skelemani se pogings om met Zimbabwe se buitelandse minister te praat ook onsuksesvol was.

Verlede week het Skelemani ook by die Afrika-Unie-vergadering van buitelandse ministers in Addis Abeba sy Zimbabwiese ampsgenoot sonder sukses probeer ontmoet.

Die verbouereerde wildwagters het intussen reeds in die hof by Victoria Falls verskyn.

Hulle bly in aanhouding.

Nou het pres. Ian Khama die Zimbabwiese regering tot die einde van Februarie gegee om sy attachés aan Botswana te onttrek.

Hy is een van die min Afrika-leiers wat sonder skroom kritiek op die regering van pres. Robert Mugabe uitspreek.

Daar is geen grensdraad tussen die twee lande nie en al wat dit skei, is twee grondpaaie.

Luidens die koerant gebeur dit gereeld dat mense onwetend die grens in die Kasane/Kazungula-omgewing oorsteek.

In die verlede het Botswana Zimbabwiese veiligheidsmagte, wat óók oor die grens gedwaal het, teruggestuur sonder dat hulle vervolg is.

– Beeld

Lees meer oor: zimbabwe  |  botswana  |  afrika-politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris sê... Klink soos 'n genl hier by ons. Hy se mos ook die getuies teen hom is betaal om te lieg. So ook beweer Cosatu ondersteuners, was die swart DA optoggangers betaal om aan die optog deel te neem. Lyk mos soos 'n tendens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2006
R 114,990.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.