Spaanse noodlenigingwerkers in Kenia ontvoer
2011-10-14 09:10
Madrid – Twee Spaanse noodlenigingwerkers is Donderdag in Kenia se Dadaab-vlugtelingskompleks deur gewapende mans ontvoer en is glo na Somalië geneem, het die polisie en die departement van buitelandse sake in Madrid gesê.
Die twee vroue het vir die logistieke tak van die mediese liefdadigheidsmaatskappy, Dokters Sonder Grense (MSF), gewerk.
Hulle het in ‘n voertuig gery waarop daar geskiet is, het die departement gesê.
Die Keniaanse bestuurder is beseer maar stabiel.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA