Sowat 50 000 Libiërs reeds dood
2011-08-31 08:36
Tripoli – 'n Geraamde 50 000 mense is in gevegte in Libië dood sedert opstande ses maande gelede begin het om kol. Muammar Gaddafi te ontsetel, het RSG berig.
Die Nasionale Oorgangsraad (NOR) het gesê hulle vermoed dat almal wat vermis word, ook dood is.
Die syfer sluit in diegene wat in gevegte tussen Gaddafi se troepe en die rebelle dood is en diegene wat die afgelope ses maande as vermis aangemeld is.
Sowat 30 000 gevangenes is vrygelaat.
Die NOR het Gaddafi-lojaliste vier dae tyd gegee om alle gebiede wat nog onder hulle beheer is, oor te gee. As hulle dit nie teen Saterdag doen nie, sal die kwessie op ‘n militêre wyse opgelos word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG