Somaliese wetgewer doodgeskiet
2011-09-21 13:40
Mogadisjoe – Gewapende mans het ‘n Somaliese wetgewer in die noordelike wegbreekstaat Puntland, waar gevegte tussen politieke en tradisionele groepe die afgelope tyd toegeneem het, doodgeskiet.
Sekerheidsbeamptes in Galkayo het gesê Abdurahman Ahmed Haji is laat Dinsdag deur mans met handwapens voor sy huis se hek doodgeskiet.
“Twee mans het na die wetgewer se motor gestap en op hom losgebrand toe hy by sy huis ingestap het. Een van die aanvallers het hom drie keer geskiet voor hy weggehardloop het,” het ‘n plaaslike sekerheidsbeampte, Mohamed Jama, gesê.
“Hy is na die hospitaal gehaas waar hy kort nada thy daar aangekom het, in ongevalle dood is. Hulle het hom wreedaardig in die mond en bors geskiet,” het Abdiwahab Dhamuke, ook ‘n wetgewer en ou vriend van Haji, gesê.
Galkayo is op die grens tussen Puntland en die self-geproklameerde onafhanklike streek Galmudug in sentraal-Somalië.
Dié dorp was die middelpunt van onlangse gevegte tussen politieke en tradisionele groepe. Minstens 21 mense is vroeër vandeesmaand is swaar gevegte in hier dood.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP