Somalië: Sewe dood in mortier-aanval
2011-05-26 23:19
Mogadisjoe - Ten minste sewe burgers is Woensdag dood en 17 beseer in ‘n mortier-aanval in Mogadisjoe, wat deur regeringsmagte beheer word, het die polisie gesê.
Vyf inwoners van die Waberi-omgewing in die suide van Mogadisjoe is onmiddelik dood en van die 19 wat gehospitaliseer is, het twee later aan hul beserings beswyk.
“Met die eerste mortier-skoot is een persoon en talle ander beseer. Toe mense gekom het om hulle te help, het nog ‘n ontploffing vier mense gedood,” het Mohamed Shegey, ‘n ooggetuie, gesê.
Die Waberi-omgewing word beheer deur magte lojaal teenoor Somalië se oorgangsregering. Die regering word ondersteun deur 9 000 Afrika Unie-troepe.
In Februarie het ‘n pro-regering-geveg die Islamitiese Shebab militia gedwing om skuiling te soek in Mogadisjoe en ander dele van die land.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP