Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Somalië: Kinders ly die ergste

2011-08-03 08:20
Tweets Share Share line Print

Mogadisjoe – ’n Paar honderd Somaliese vlugtelinge het vir die eerste keer in maande vandeesweek behoorlike mediese en voedingshulp gekry danksy ’n noodlenigingspoging uit Suid-Afrika.

Van vroegdag af het ma’s en pa’s met veral babas begin toustaan waar die Suid-Afrikaanse span ’n tydelike kliniek en voedingsentrum in ’n bouval in die Howl-Wadaag-gebied in Mogadisjoe ingerig het.

Dokters en dieetkundiges het die siekes in groepe verdeel – dié wat meer intensiewe mediese hulp nodig het, dié wat nie ernstig siek is nie en dié wat bloot ondervoed is. Die meeste is vlugtelingkinders.

Dit is in die oë van die babas en kinders waar hul simptome die sigbaarste is. Sommige van dié ogies wil sonder enige belangstelling in die omgewing net toeval. Dis húlle wat die meeste hulp nodig het.

Volgens dr. Omar Jooma, ’n pediater van Pietermaritzburg en lid van Gift of the Givers, wat die noodlenigingspan uit Suid-Afrika na Mogadisjoe gebring het, bewys die nagenoeg 200 pasiënte wat hulle gister in die “kliniek” gesien het die land se tragiese mediese statistieke.

Nagenoeg 160 uit elke 1 000 kinders – vlugtelinge en vaste inwoners van die stad – ly aan erge wan- of ondervoeding.

“Die geringste virus of siekte takel hul gestelle so af dat hulle geen weerstand daarteen kan bied nie. Heelwat van die kinders het longontsteking of stel eenvoudig nie meer belang in kos nie. Gevolglik ontwater hulle totdat hulle in skok gaan,” het Jooma gesê.

Die gebou waar die kliniek ingerig is, dra die pokmerke van vele skietgevegte in die onlangse verlede. Nou hang sakkies vol binneaarse voeding teen die mure om minstens ’n paar kinders in so ’n mate te rehidreer dat hulle self weer kan begin drink.

Altesame 99% van die siekes is kinders.

Volgens die Verenigde Nasies se syfers het elke vrou immers gemiddeld ses kinders in ’n land waar die oorgangsregering se jaarlikse begroting maar sowat R500 miljoen beloop.

Van die kleuters van twee jaar oud weeg skaars 6 kg. Sommige se haartjies is lig van kleur, wat volgens Jooma nog ’n aanduiding van wanvoeding is.

“Van hulle is so erg ontwater dat die enigste aar waardeur ons ’n naald vir rehidrasie kan inkry dié langs die slaap is,” het dr. Anith Ramcharan, ’n pediater van Pietermaritzburg, gesê.

Volgens dr. Qasim Bhorat, ’n algemene praktisyn wat in Soweto praktiseer, mik die groep dokters daarna om soveel moontlik van die kinders wat hulle vandeesweek gaan sien, net weer ’n hupstoot te gee sodat hulle sterk genoeg kan wees om self te eet en te drink.

“ ’n Mens kan nooit toelaat dat die menigte wat hulp nodig het die klompie wat ’n mens kan help, onbelangrik laat lyk nie. ’n Mens doen wat jy kan en vir minstens ’n paar behoort ons die verskil tussen lewe en dood te beteken,” het Bhorat, die groep se mediese koördineerder, dit opgesom.

In ’n land waar 105 kinders uit 1 000 by geboorte sterf en slegs 2,4% van die samelewing ouer as 65 word, is dit van meet af ’n ellendige stryd om oorlewing.

As ’n vlugtelingkind in ’n land geteister deur hongersnood, is dit ’n nog groter opdraande stryd.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Beeld

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: Chris Hani Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Sea Cow Lake Road
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: M7
    TRAFFIC LIGHTS not working at the Bellair / Wakesleigh Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.