Somalië: 19 Dood in Mogadishu
2010-04-14 04:59
Kaapstad – Negentien mense, die meeste van hulle inwoners, is doodgemaak in gevegte wat in die Somaliese hoofstad Mogadishu uitgebreek het.
Dertien mense is dood toe die AU-vredebewaarders en regeringsmagte terugbaklei het ná ‘n millitante aanval op 'n militêre seremonie.
Ses ander mense is dood nadat bomontploffings langs die pad naby die Mogadishu-lughawe afgegaan het.
Vyf-en-vyftig ander mense is in die voorvalle beseer. Verskeie kinders is ook onder die oorledenes.
- Vir die volledige storie besoek BBC News