Soldate skiet top LRA-rebel
2009-11-19 14:59
Kampala, Uganda - Spesiale magte in Uganda het ‘n senior-kommandant van die rebellegroep, die Lord’s Resistance Army (LRA), doodgeskiet, het ‘n militêre woordvoerder aan AFP gesê.
Lt.kol. Felix Kulayigye het gesê Okello Okutti is noodlottig gewond tydens ‘n skermutseling met Ugandese troepe in Obo, naby die grens van Soedan.
“Okutti was die algemene kommandant vir LRA operasies in die Pader-distrik én die senior-kommandant van die LRA rebellegroepe wat tans in die Sentraal-Afrikaanse Republiek veg,” het Kulayigye gesê.
Kulayigye het gesê hy glo Okutti was die enigste slagoffer in Dinsdag se aanval.
- Sapa-AFP