Soldate neem Niger-regering oor
2010-02-19 05:16
Niamey - Pres. Mamadou Tandja van Niger is Donderdag na 'n onbekende bestemming geneem deur soldate tydens 'n staatsgreep in die Afrikaland.
Verskeie ander lede van sy regering is in hegtenis geneem, het twee ministers wat deel van die gevangenis was aan AFP gesê.
Tandja word na bewering by 'n militêre basis op die buitewyke van die hoofstad Niamey aangehou, het 'n amptenaar aan AFP gesê.
Verskeie ander ministers verkeer moontlik in aanhouding in die regering se kommunikasiedepartement naby die presidensiële paleis.
- Sapa-AFP