Soektog na ontvoerde Franse vrou duur voort
2011-10-03 14:59
Nairobi – Kenia het bemiddelaars na Somalië gestuur om te onderhandel oor die vrylating van ‘n gestremde Franse vrou wat Vrydag naby die Lamu-oord ontvoer is, het ‘n veiligheidsbeampte gesê.
Kenia het “reeds gesante na Somalië gestuur om kontak met die ontvoerders te maak,” het die beampte gesê.
Marie Dedieu is Vrydag in Manda Bay ontvoer
Volgens Ernest Munyi, die polisiehoof, het hulle dadelik ‘n helikopter uitgestuur om die ontvoerders, wat na Somalië toe is, te probeer opspoor.
Intussen word twee lede van die Keniaanse vloot vermis nadat hulle boot omgeslaan het terwyl hulle die verdagte ontvoerders gejaag het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP