Soedanse ooreenkoms ontlont twis

2009-12-14 07:42
Tweets Share Share line Print

Kartoem. – Die twee belangrikste politieke partye in die noorde en suide van Soedan het gister ’n ooreenkoms oor demokratiese hervormings bereik.

Dit ontlont ’n twis wat gedreig het om ’n vredesooreenkoms te kelder.

Die suide se dominante Soedanse Volksbevrydingsbeweging (SVBB) het aangesluit by ’n koalisieregering van pres. Omar Hassan al-Bashir se noordelike Nasionale Kongresparty (NKP) as deel van ’n ooreenkoms in 2005 om meer as twee dekades van oorlog te beëindig.

Betrekkinge tussen die gewese vyande was tot dusver gespanne. Spanning het verlede week opgevlam toe twee senior SVBB-amptenare en talle van hul ondersteuners tydens ’n betoging hier aangekeer is.

Ontleders het gewaarsku oor die gevaar van ’n hervatting van konflik as die partye nie ooreen kan kom oor voorwaardes vir wette wat veronderstel is om die weg te baan vir verkiesings in April, en ’n referendum oor onafhanklikheid vir die suide in 2011 nie. Daar is oor beide ooreengekom in die vredesooreenkoms.

“Ons het ooreenstemming bereik oor drie baie belangrike wette, wat die oorsaak was vir ernstige verskille tussen die twee partye,” sê die SVBB se sekretaris-generaal, mnr. Pagan Amum.

Hy het gepraat ná ’n ontmoeting tussen Al-Bashir, ook hoof van die NKP, en suid-Soedan se president en SVBB-leier, mnr. Salva Kiir. Amum sê die wette hou verband met die nasionale referendum, ’n raadplegende oefening vir mense wat in grensgebiede tussen noord- en suid-Soedan woon, en ’n referendum oor of die olieproduserende gebied Abyei by die suide moet aansluit.

Nafie Ali Nafie, ’n NKP-amptenaar, het bevestig ’n ooreenkoms oor dié kwessies is by die ontmoeting bereik.

Amum sê die partye het ook ooreengekom om ’n komitee te skep om oorblywende kwessies aan te spreek.

-Reuters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... As die barbaarse Afrikane nie gekeer word nie, verpletter hulle die ganse Afrika en roei alles voor die voet uit. Hulle is onderontwikkeld en verstaan eenvoudig nie die konsep van bewaar, bewerk en vermeerder nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Procurement Administrator - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.