Soedanese rebelle wil samesprekings hervat
2010-10-25 10:18
Darfoer - Een van die magtigste rebelle-groepe in die Soedanese hoofstad, Darfoer - die J.E.M. - oorweeg dit om vredesamesprekings met die Soedanese regering te hervat.
Die groep gaan 'n afvaardiging na Qatar stuur om met internasionale onderhandelaars te vergader en te kyk of die vereistes, om die samesprekings te hervat, aanvaarbaar is.
'n Woordvoerder van die rebelle sê dit sluit waarborge in van 'n neutrale plek vir samesprekings, asook die beëindiging van die Soedanese regering se offensief in Darfoer.
–
RSG
Volg Nuus24 op
Twitter