Soedanese pres van volksmoord aangekla
2010-07-12 22:30
Den Haag - Die internasionale strafhof in Den Haag, Nederland, het volksmoord tot die lys van aanklagte teen Omar al-Beshir, president van Soedan, gevoeg.
Die hof het verlede jaar 'n lasbrief vir sy inhegtenisname vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom uitgereik.
"Die hof glo daar is voldoende bewyse om te glo al-Beshir was krimineel verantwoordelik vir volksmoord," het die hof Maandag gesê.
Aanklaer Luis Moreno-Ocampo meen die president het persoonlik opdrag aan sy militêre magte gegee om drie etniese groepe - die Fur, Masaliete en Zaghawa in Darfoer, uit te wis.
Lees meer hier.