Soedan nooi vyande terug voor verkiesing
2010-10-22 23:01
Entiu - Die regering van Suid-Soedan nooi ou vyande terug na dié land om eenheid te skep voor 'n belangrike onafhanklikheidsverkiesing wat Afrika se grootste land in twee kan skeur.
Suidelike leiers verwelkom vyande wat rebelle militêre kommandeurs wat blameer word vir die dood van Suid-Soedanese tydens 'n burgeroorlog van twee dekades insluit.
Gabriel Tanginye, oud-militia-leier wat weggebreek het van die suidelike weermag tydens die noord/suid-burgeroorlog van 21 jaar en nou 'n seniorposisie in die noorde se weermag beklee, se naam is ook op die lys.
Die suide se president het Tanginye en twee ander voormalige lede van die suidelike magte vroeër vandeesmaad kwytgeskeld.
Suid-Soedan se onafhanklikheidsverkiesing word op 9 Januarie gehou.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP