Soedan laat opposisieleier vry
2011-05-03 10:02
Khartoem - Soedannese owerhede het Hassan al-Turabi, die Islamitiese opposisieleier, vrygelaat sowat drie maande nadat hy in hegtenis geneem is oor hy protesaksies weens stygende pryse gereël het, het een van sy bondgenote gesê.
Sekuriteitsmagte het vir Turabi en agt ander partybeamptes op 18 Januarie in hegtenis geneem nadat hulle gevra het vir ‘n “gewilde rewolusie” as Khartoem nie inflasie onder beheer begin kry nie.
Turabi is sedert hy weggebreek het van president Omar Hassan al Bashir se regerende party in 1999/2000 gereeld in hegtenis geneem.
Studente in Soedan het begin betoog oor die stygende pryse in die land.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters