Soedan kla by VN oor S-Soedan
2011-08-31 13:41
Kartoem – Soedan het Dinsdag ‘n amptelike klagte by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ingedien waarin hy Suid-Soedan daarvan beskuldig dat hy onstabiliteit in Suid-Kordofan veroorsaak.
Dit is die nuutste teken van groeiende spanning tussen die twee nasies.
Sedert Suid-Soedan op 9 Julie onafhanklikheid gekry het, het spanning in Suid-Kordofan begin toeneem.
Suid-Kordofan is nou deel van Suid-Soedan.
Die Veiligheidsraad het in Julie gesê hy is bekommerd oor die geweld in dié gebied.
VN-beamptes het gesê hulle het minimale of geen toegang tot die gebied. ‘n Groot hoeveelheid van die bevolking in die omgewing was lojaal teenoor Suid-Soedan in die burgeroorlog wat sowat 20 jaar geduur het.
“Die klag beskuldig Suid-Soedan daarvan dat hy onstabiliteit veroorsaak, die vrede ontwrig en rebellegroepe in Suid-Kordofan ondersteun,” het ‘n woordvoerder van Soedan se departement van buitelandse sake gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters