Soedan: Rebelle laat 35 soldate vry
2010-06-10 04:47
Khartoem – Die rebelse groep in Darfoer, die Justice and Equality Movement (JEM), het Woensdag aangekondig dat hulle 35 regeringsoldate vrygelaat het wat hulle tydens ‘n onlangse geveg gevange geneem het.
“Ons het oor 35 gevangenes van oorlog aan die Rooikruis oorhandig. Nege van hulle is beseer,” Mohammed Ali, ‘n JEM-kommandeur, aan AFP via ‘n telefoongesprek vertel.
Aleksandra Matijevic, ‘n woordvoerder vir die Rooikruis, het bevestig dat hulle die gevangenes ontvang het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP