Soedan: Noord en Suid onttrek magte uit Abyei
2011-05-10 10:50
Johannesburg - Die Verenigde Nasies (VN) het gesê dat Soedan se noorde en suide ingestem het om all “onwettige magte” uit 'n betwiste omgewing naby die grens te verwyder.
Intussen is vrese aan die styg oor nuwe konflik soos Suid-Soedan voorberei om die wêreld se nuutste land te word.
Die noordelike en suidelike regerings het ingestem om ‘n gesamentlike noord-suid mag in Abyei te ontplooi en om alle magte wat spanning in die omgewing aanhits te verwyder, het die VN gesê.
Hierdie ooreenkoms is die nuutste poging om spanning in Abyei te verlig. Die omgewing is ‘n vrugbare en olie-produserende grensarea waarvan nie die noorde of die suide afstand wil doen nie.
Die noorde en die suide het reeds talle ooreenkomste wat deur die VN bemiddeld is, geteken oor die stand van Abyei. Geen van die ooreenkomste is egter al geïmplementeer nie en daar is nog nie besluit aan wie die omgewing behoort nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP