Soedan: Konflik in grensstreke sleep voort
2011-11-04 10:06
Kartoem – Die Soedannese weermag het gesê hy het ‘n rebellevesting langs die land se grens met Suid-Soedan oorgeneem.
Gevegte in dié gebied duur al maande voort.
Kol. Sawarmy Khalid, woordvoerder vir die weermag, het Donderdag gesê dat Kurmuk-stad in die Blue Nile-staat “heeltemal bevry en beveilig is” van magte wat lojaal aan Suid-Soedan is.
Geen kommentaar kon van Suid-Soedan verkry word nie.
Spanning het kort na Suid-Soedan se onafhanklikwording in Julie dadelik in die grensstreke opgevlam, en ‘n vredesooreenkoms kon nog nie bereik word nie.
Khalid het gesê die rebellemagte het “weggehardloop” en dat sy troepe ook verliese gely het. Hy wou nie verder uitbrei nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP