Soedan: Joernalis tronk toe vir verkragtingstorie
2011-07-06 16:42
Kartoem – ‘n Prokureur het gesê ‘n Soedannese hof het ‘n joernalis tot een maand tronkstraf gevonnis nadat sy verslag gelewer het oor ‘n verkragtingsaak.
Hassan al-Hussein het gesê die joernalis, Fatima Ghazai, is Dinsdag daarvan aangekla dat sy valse nuus versprei het en sodoende onmin veroorsaak het.
Ghazi is eers ‘n boete van 2 000 Soedannese ponde (sowat R4 000) opgelê, maar het ‘n maand lange tronkstraf gekry nadat sy geweier het om die boete te betaal. Die prokureur het gesê die joernalis se hoofredakteur het ook ‘n boete gekry.
Ghazi het geskryf dat Soedannese vroue in Januarie deur Soedannese veiligheidsmagte verkrag is.
Minstens vyf ander joernaliste van ander publikasies het ook oor die geval verslag gelewer en verwag om voor die hof gedaag te word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP