Soedan: Bashir waarsku oor Abyei-streek

2011-07-11 18:59
Tweets Share Share line Print

Londen – Omar Hassan al-Bashir, die president van Soedan, glo die omstrede Abyei-grensstreek kan tot moontlike konflik met Suid-Soedan lei indien ooreenkomste tussen die twee state nie gerespekteer word nie.

Bashir het op die BBC se Hardtalk-program gesê hy wil hê vredesmagte van die Verenigde Nasies moet Soedan verlaat. Hy het egter die Veiligheidsraad van die VN se besluit om 4 200 Ethiopiese soldate vir ses maande na Abeyi te stuur, verwelkom.

"Die Ethiopiërs het 'n mandaat om vrede in die omgewing te bewaar, so ons verwelkom Ethiopiese soldate," het hy met behulp van 'n tolk gesê.

"Albei state verwelkom hulle omdat hulle daartoe in staat is om hul werk goed te doen, anders as die soldate wat tans hier is wat daarin misluk het om die vrede te bewaar."

Kartoemse magte het op 21 Mei vanjaar internasionaal opslae gemaak toe hulle Abyei binnegeval het. Duisende inwoners moes noodgedwonge uit die streek vlug.

Suid-Soedan het Saterdag van die noorde geskei, maar die twee state moet nog besluit aan wie Abyei behoort.

"Ons sal ons magte buite Abyei herontplooi sodra die Ethiopiërs opdaag," het Bashir gesê.

Noord- en Suid-Soedan kon steeds nie oor belangrike kwessies ooreenkom nie, insluitend die grenslyn, eienaarskap van Abyei en hoe om die oliewinste, wat die lewensaar van beide ekonomieë is, te hanteer.

Op die vraag of die Abyei-geskil moontlik tot oorlog tussen die twee state kan lei, het Bashir geantwoord: "Ons het Soedan verdeel om die vrede te bewaar en wil dit graag so hou."

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... As die barbaarse Afrikane nie gekeer word nie, verpletter hulle die ganse Afrika en roei alles voor die voet uit. Hulle is onderontwikkeld en verstaan eenvoudig nie die konsep van bewaar, bewerk en vermeerder nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.