Soedan: 19 sterf toe bus jaag
2010-12-05 02:30
Khartoem – Negentien mense is dood en 15 ander beseer toe ‘n bus ‘n motor teen ‘n hoë spoed verby vat en teen ‘n aankomende minibus gebots het, het die amptelike Suna-nuusagentskap gesê.
Volgens berigte het die ongeluk Saterdag in die Soedannese hoofstad van Khartoem plaasgevind.
“’n Bus wat teen ‘n hoë spoed gery en ‘n ander voertuig verby gevat het, het teen ‘n minibus gebots wat in die teenoorgestelde rigting gekom het,” het Shazli Mohammed Saeed, ‘n senior verkeerspolisiebeampte aan Suna vertel.
Al 16 passasiers aan boord die minibus en drie op die bus – insluitende die bestuurder en sy assistent – is in die ongeluk oorlede, het Suna berig.
Die ongeluk het op die pad tussen Khartoem en die stad Kosti gebeur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP