Sneeu bereik Noord-Afrika

2012-02-07 08:05
Tweets Share Share line Print

Algiers –  ’n Hewige kouefront wat die laaste paar dae 306 sterftes in Wes- en Oos-Europa veroorsaak het, het die naweek selfs in Noord-Afrika beduidende sneeuval veroorsaak.

In Algiers, hoofstad van Algerië, het sneeu op plekke meer as 10 cm diep geval.

Dis die eerste sneeu wat dié stad in agt jaar kry en die swaarste in dekades.

Die uiterste koue en swaar sneeuval in Europa die derde agtereenvolgende winter is moontlik aan aardverhitting te wyte.

Prof. Stefan Rahmstorf van die Instituut vir Klimaatimpaknavorsing in Potsdam, Duits­land, het luidens ’n berig gister in The Independent van ’n drastiese verlies aan see-ys in die Barentsz- en Karasee tussen die Eurasiese vasteland en die Noordpool gepraat.

Sy instituut se rekenaarmodelle wys dat die smeltende ys ’n hardnekkige hoëdrukstelsel bo Noord-Rusland veroorsaak, met gepaardgaande yswinde wat die hele Europa teister.

“Die ysvrye gebiede van die oseaan tree as ’n verwarmer op omdat die water warmer as die lug daarbo is. Dit bevorder die vorming van ’n hoëdrukstelsel bo die Barentsz-see wat koue lug in Europa instuur.”

Wat ook al die oorsaak, groot dele van Europa het Maandag opnuut gebibber.

In Duitsland is ’n rekordtemperatuur van -28,8°C by Ueckermünde gemeet, laer as die vo­ri­ge rekord van -28,2°C in 1956.

In Berlyn is ’n plaaslike rekord van -20°C gemeet. In Switserland het die kwik gister in die ooste van die Graubünden-deelstaat tot -35,1°C gedaal.

Volgens telegraph.­co.­uk was die verkeer in Europa en Brittanje gister nog erg ontwrig met duisende mense wat weens die ys en sneeu in motors of treine gestrand was.

’n Verdere 40 vlugte is Maandag volgens news.­bbc.­co.uk op Londen se Heathrow-lughawe gekanselleer – nadat sowat 600 van die gewone 1 300 van dié lughawe Sondag gekanselleer is. Enkele vlugte van Heathrow na Johannesburg is ook Maandag gekanselleer.

Geskeduleerde vlugte sal na verwagting van vandag af soos gewoonlik voortgaan, maar die ysweer kan nog tot minstens die naweek voortduur.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: algiers  |  sneeu

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MINI

COOPER S CONVERTIBLE
2006
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2005
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.