Sierra Leone op 'n mespunt voor verkiesing
2012-02-08 13:11
Freetown, Sierra Leone – Die opposisieparty in Sierra Leone se presidensiële kandidaat het dié land se regerende party daarvan beskuldig dat hy geweld uitlok in die aanloop tot die verkiesing in November.
Brig.genl. Julius Maada Bio het laat Maadag beweer dat die regering geweld wil gebruik om 'n noodtoestand uit te roep om sodoende die president se ampstermyn te verleng.
Bio, wat op 'n nasionale radiostasie gepraat het, het beweer die regering het gewapende oorlogsveterane na sommige provinsies gestuur om te registreer om te stem.
Hy het gesê amptenare van sy party het by die verkiesingsowerheid 'n klagte gelê.
Die regering het vanuit sy kantoor by die Verenigde Nasies op die bewerings gereageer en Bio se uitlatings as "'n veldtog van waninligting en propaganda" deur 'n "voormalige junta-leier" beskryf.
Sierra Leone herstel steeds ná 'n bloedige burgeroorlog van 1991-2002, waartydens tienduisende mense gesterf het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP