Sierra Leone: Een dood, presidentskandidaat gewond in aanval
2011-09-10 20:18
Freetown – Sierra Leone se hoof-opposisiekandidaat in die stryd om die presidensie is voor 'n verkiesingsveldtog aangeval en gewond, het die polisie gesê.
Een mens is in die aanval dood en 18 ander gewond.
Ondersteuners van die opposisie-kandidaat, Julius Maada Bio, het Vrydag met ondersteuners van die regerende party in die suidelike stad Bo slaags geraak, het 'n verklaring deur die regering gelui.
Die polisie het volgens 'n ooggetuie op die groep geskiet. Bio het die skare later met 'n verband om sy kop toegespreek.
Dié afgetrede generaal sal volgende jaar teen pres. Ernest Bai Koroma te staan kom in die presidentsverkiesing.
Hy was in 1996 vir 'n kort periode in beheer van die land ná 'n militêre staatsgreep.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP