Sewe verdagtes in hof na moord in Windhoek
2011-12-12 14:31
Windhoek – Sewe verdagtes sal Maandag in die Katutura landdroshof verskyn in verband met twee moorde die naweek in Windhoek, het die Republikein berig.
’n Jong man (21) is Vrydagaand in die Okahandja Park-nedersetting in Windhoek vir dood agtergelaat nadat ses mans hom oorval en aangerand het.
Volgens Barry de Klerk, die hoofinspekteur, het die slagoffer na bewering probeer om een van die verdagtes se suster te verkrag.
“Sy het glo na haar broer geroep wat saam met sy vriende haar te hulp gesnel het,” het hy gesê.
Nog ’n verdagte is vroeg Sondagoggend in Hakahana in hegtenis geneem nadat ’n 24-jarige man op pad na die hospitaal gesterf het.
“Die verdagte het die oorledene na bewering met ’n baksteen teen sy kop geslaan en hom glo daarna met ’n mes in die bors gesteek,” het De Klerk gesê.
– Lees die volledige artikel by die Republikein.
– Volg Nuus24 op Twitter.