Sewe gyselaar geneem op olieboor naby Nigerië
2010-11-09 11:46
Lagos - AFP berig dat sewe buitelanders - twee van Indonesië - Sondagaand op 'n olieboor aan die kus van Nigerië tydens 'n aanval gyselaar geneem is.
"Ons kan bevestig dat sewe mense gyselaar geneem is," het 'n bron binne die Afren-maatskappy aan AFP vertel. Afren is die maatskappy wat die betrokke olieboor bestuur.
"Twee van die gyselaars is Indonesiërs," het die bron bevestig.
Die ander vyf slagoffers sluit in twee Amerikaners, twee burgers van Frankryk en een Kanadees.
- AFP