Sewe dood toe helikopter val
2012-07-17 23:02
Khartoem – Sewe Soedannese militêre lede is dood toe hulle helikopter in die geweldgeteisterde stad Darfoer geval het, het die weermag gesê.
Die helikopter het naby El Flashur weens ‘n “tegniese fout toe dit op ‘n administratiewe vlug was” neergeval, het Sawarmi Khaled Saad, die Soedannese weermag se woordvoerder, gesê.
Sewe militêre mans, waaronder beamptes, is dood in die ongeluk.
Soedan se lugmag het die afgelope tyd verskeie vliegtuie en helikopters verloor.
In Desember is ses bemanningslede in ‘n militêre helikopter dood toe dit in die Noord-Kordofaan-provinsie verongeluk.
Die weermag het toe ook ‘n tegniese probleem blameer vir die ongeluk.
Soedan het 36 nuwe Mi-24 helikopters tussen 2007 en 2009 van Rusland ontvang. Hierdie getalle maak aansienlik op vir die helikopters wat tydens verlede jaar se Darfoer-aanvalle verloor is.
Die helikopters is deel van ‘n oneffektiewe VN wapen-embargo teen Darfoer om die geweld in die streek te verminder.
Geweld in Darfoer is baie minder as tydens die konflikte in 2003 en 2004, maar ontvoerings, bende-aktiwiteite en gevegte tussen die regering se soldate en rebelle kom nog gereeld voor.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP