Ses sterf in onluste in Nigerië
2010-06-08 11:37
Jos – Motorfiets-taxibestuurders in Jos in Nigerië wat woedend is oor ‘n verbod op hul besighede het met die polisie slaags geraak en minstens ses mense is dood, het getuies gesê.
Polisie het Maandag van die motorfietsbestuurders in Jos in hegtenis te neem. Volgens getuies het hulle die geweld veroorsaak.
Polisie het traangas gebruik en op die motorfietsryers begin skiet.
Volgens getuies was twee van die oorledenes polisiebeamptes, maar ‘n woordvoerder het geweier om die sterftes te bevestig.
Die motorfiets-taxibestuurders het teen die verbod geappèlleer.
Die verbod deur die grootliks Christelike regering kom ná ‘n tydperk van konflik tussen burgers van verskillende gelowe wat tot die dood van meer as 500 mense sedert die begin van die jaar gelei het. Meeste van die motorfiets-taxibestuurders is Moslems.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA