Ses sterf in Madagaskar treinongeluk
2009-07-23 10:22
Antananarivo, Madagaskar- Ses mense is dood en 30 ander ernstig beseer in ‘n treinongeluk Woensdagaand op dié eiland.
Volgens mediaberigte was die trein, wat deur inboorlinge as die ‘trein van die lewe’ gedoop is, na die stad van Fiarantsoa in die suidelike gedeeltes van die land vanaf die oostelike stad van Manakara, oppad.
Die trein se eersteklas-wa het ontspoor toe dit ‘n klein stasie binnegegaan het. Die slagoffers was almal in dié wa.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
- Sapa