Ses dood ná aanval in Sentraal-Afrika
2011-09-26 17:02
Bangui – Ses mense is dood nadat ‘n groep rebelle ‘n mededingende groep en burgerlikes in die Sentraal-Afrikaanse Republiek aangeval het, het ‘n militêre beampte Sondag gesê.
Lede van die rebellegroep CPJP het ‘n voertuig wat voormalige rebelle van die UFDR vervoer het, met ‘n missiel geskiet, het die beampte gesê.
Die Sentraal-Afrikaanse Republiek is geruk deur ‘n vlaag aanvalle tussen die twee gewapende groepe vir beheer oor diamant-myne.
“’n Voertuig van Ouadda wat voormalige rebelle van die UFDR en burgerlikes vervoer het, is Saterdag met ‘n missiel aangeval. Die aanval het sowat 30 km van Bria af plaasgevind.”
Minstens ses mense, insluitende ‘n beampte van Ouadda, is dood en talle ander is beseer.
Die beampte het gesê dat die slagoffers se lyke “in ‘n vreeslike slegte toestand was en in ‘n dorp naby Bria begrawe is”.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP