Ses Keniane doodgeskiet naby grens met Somalië
2012-01-12 18:56
Nairobi – Gewapende mans het ses Keniane, insluitend vier polisiebeamptes, doodgeskiet en drie ander ontvoer in die jongste geval in ‘n reeks aanvalle naby die grens met Somalië, het die polisie Donderdag gesê.
Twee ander polisiebeamptes is in die aanval beseer. Die aanval het sowat 10 km van die grens met Somalië af gebeur in ‘n omgewing wat in die afgelope drie maande erg deur bomaanvalle geruk is.
“Ses mense is dood en drie is ontvoer,” het Leo Nyongesa, die plaaslike polisiehoof, gesê.
Hy het gesê dat die aanval laat Woensdagnag in Gerille in Kenia se Wajir-streek gebeur het.
Die slagoffers sluit in vier polisiebeamptes, ‘n plaaslike regeringsbeampte en ‘n burgerlike.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP