Senegalese president dagvaar Franse adviseur

2011-09-20 17:55
Tweets Share Share line Print

Dakar – Die Senegalese president, Abdoulaye Wade, gaan die Afrika-adviseur in die Franse presidensie wat hom van onwettige kontanttransaksies beskuldig het ,vir laster dagvaar.

Die dagvaarding sal “vandeesweek in Parys en Dakar” ingedien word, het een van Wade se assistente gesê.

Wade se seun Karim is ook daarvan beskuldig dat hy kontantbetalings aan Franse leiers gemaak het in ruil vir hul swye oor sekere menseregteskendings in Afrika-lande. Hy sal sy eie saak teen die adviseur maak.

Robert Bourgi, ‘n lankdienende nie-amptelike skakel tussen Frankryk se Elysee-paleis en die regimes in sy voormalige kolonies, het die Franse politiek verlede maand geruk met ‘n reeks aantygings van onwettige kontanttransaksies.

Hy het daarop aangedring dat hy die onthullings gemaak het omdat hy deel van ‘n “skoon Frankryk” wil wees. Hy het erken hy het tussen 1995 en 2005 betalings ontvang waarby oudpres. Jacques Chirac en sy voormalige assistant Dominique de Villepin betrokke was.

Bourgi het Wade en sy seun daarvan beskuldig dat hulle saam met die presidente van Gabon, Burkino Faso en die Kongo groot hoeveelhede kontant aan Frankryk betaal het om hul outokratiese regimes en menseregteskendings toe te laat.

“Ek ontken hierdie ongelooflike bewerings wat niks meer as sy verbeelding is nie, ten sterkste,” het Karim Wade in ‘n verklaring gesê.

Villepin is ‘n moontlike presidentskandidaat vir Frankryk se volgende verkiesing, wat oor nege maande plaasvind.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- AFP

Lees meer oor: frankryk  |  senegal  |  abdoulaye wade

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.