Senegal: 15 dood in padongeluk
2011-09-23 14:53
Dakar – Altesaam 15 mense is dood en 17 beseer toe vier motors Donderdag in ‘n botsing in die weste van Senegal betrokke was, het die brandweerdepartement gesê.
“Daar was eers ‘n botsing tussen ‘n mini-bus en ‘n ander voertuig,” het Abdoulaye Ndiaye, die woordvoerder van die brandweerdepartement, gesê. Die botsing het sowat 50 km buite Tivaouane plaasgevind.
“Daarna het twee ander voertuie, ‘n vragmotor en ‘n taxi, in die twee voertuie vasgery.”
Die ongeluk het laatoggend gebeur en 11 van die 17 beseerdes is in ‘n ernstige toetstand in die hospitaal opgeneem, het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP