Senegal: 10 dood in rebelle-aanval
2011-11-22 08:37
Ziguinchor – Minstens tien mense is Maandag in die suide van Senegal dood in ‘n aanval wat op separatiste rebelle blameer word wat al vir dekades in die omgewing aktief is, het ‘n militêre beampte gesê.
Die aanval het in ‘n woud naby Diagnon in die Casamace-streek plaasgevind.
Die slagoffers was almal burgerlikes.
Inwoners van die dorp het gesê sowat 20 mense het in die woud gaan werk, maar 'n paar van hulle het vermis geraak.
Die beampte het die aanval op die separatiste Casamance Beweging vir Demokratiese Magte (MFDC) blameer. Die groep veg sedert 1982 vir onafhanklikheid van Senegal.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP