Seerowers word langer aangehou

2011-02-07 09:34
Tweets Share Share line Print

Maleisië – Maleisiese owerhede het die aanhouding van sewe Somaliese seerowers met ses dae verleng.

Dié seerowers is verlede maand gevang tydens ‘n klopjag om ‘n gekaapte olieskip in die Golf van Aden te bevry.

“Die polisie het meer tyd nodig om die geval te ondersoek,” het ‘n woordvoerder uit die polisie se hoofkwartiere in Kuala Lumpur, hoofstad van Maleisië, gesê.

Die sewe seerowers word sedert 31 Januarie 2011 aangehou. Hulle is op die olieskip MT Bunga Laure na Maleisië gebring. Die skip is saam met sy 23-bemanningslede aan boord deur die seerowers gekaap.

Die skip was op pad na Singapoer met ‘n vrag smeerolie wat $10-miljoen (sowat R72-miljoen) werd is. Die seerowers was met AK-47’s gewapen toe hulle aan boord gegaan en beheer oor die skip geneem het.

Maleisiese vlootoffisiere van ‘n boot wat vragbote in die Golf van Aden beskerm, saam met ‘n aanvalshelikopter, het op ‘n noodoproep gereageer en na ‘n vlugtige skietgeveg die seerowers gevang.-Volg Nuus 24 op Twitter.

-SAPA

Lees meer oor: seerowery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.