Seerowers tree waaghalsig op

2011-07-20 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Seerowery is aan die toeneem en die aanvalle raak al hoe waaghalsiger.

Net in die eerste ses maande van vanjaar is 266 aanvalle aangemeld – 70 meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, volgens die Internasionale Kamer van Koophandel (IKK) se maritieme buro.

Somaliese seerowers het meer skepe as in die verlede aangeval, maar minder gekaap.

Hulle was in die eerste ses maande vir 163 aanvalle verantwoordelik, teenoor 100 in die eerste helfte van verlede jaar. Hulle kon net daarin slaag om 21 vaartuie te kaap teenoor 27 in dieselfde tydperk verlede jaar.

Volgens kapt. Pottengal Mukundan, die direkteur van die maritieme buro, tree die Somaliese seerowers al hoe waaghalsiger op. Hulle het byvoorbeeld in Junie vir die eerste keer in die reënseisoen en in rowwe see op skepe geskiet – iets wat hulle voorheen nie gewaag het nie.

Luidens ’n verslag wat die buro vandeesweek in Londen uitgereik het, het Somaliese seerowers op 30 Junie 20 vaartuie en 420 bemanningslede gyselaar gehou en miljoene Amerikaanse dollar aan lospryse geëis.

Baie van die aanvalle het oos en noordoos van die Golf van Aden plaasgevind.

Oor die wêreld heen is 495 seevaarders in die eerste helfte van die jaar deur seerowers gekaap en gyselaar gehou, 7 is doodgemaak en 39 is beseer.

Aan die kus van Wes-Afrika was daar ook ’n toename in gewelddadige aanvalle.
 
– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: somalië  |  seerowers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Financial Accountant

Durban, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.