'Satanistiese druk' op Iran, Zim
2010-04-23 11:53
Harare – Iran se president, Mahmoud Ahmadinejad, het Donderdag “satanistiese druk” op Zimbabwe en sy eie land veroordeel en gesê beide lande veg om hul soewereiniteit te behou.
“Iran en Zimbabwe is twee lande wat voortgaan met die poging om hul soewereiniteit en vryheid te behou,” het Ahmadinejad by ‘n ete saam met Zimbabwe se president Robert Mugabe in Harare gesê.
“Ons krag het natuurlik die vyandigheid van ekspansionistiese lande uitgelok,” het hy gesê.
“Hier veroordeel ek alle druk, alle satanistiese druk, druk op die regering en mense van Zimbabwe.”
Oorwinning
“Ons glo oorwinning is ons s’n en beteken vernedering en nederlaag vir ons vyande,” het hy gesê.
“Natuurlik het hulle daarin gefaal om hul doelwitte en resultate te bereik. Hulle het gedink dat hulle die rigting van ons nasies kon verander, maar ons nasies het sterk gestaan.”
Beide Ahmadinejad en Mugabe is bekend vir hul kontroversiële beleide en retoriek teen die Weste.
Beide mans het ook vasgeklou aan mag gedurende verkiesings wat deurtrek was met geweld en aantygings van bedrog.
- AFP
Volg Nuus24 op Twitter