Sarkozy erken foute
2010-02-25 15:31
Kigali - Nicolas Sarkozy het erken dat Frankryk en ander lede van die internasionale gemeenskap “foute” begaan het tydens die volksmoord in Rwanda in 1994.
Honderde duisende Rwandese is tydens die volksmoord doodgemaak tydens uitvalle tussen die Hutu's en die Tutsi's.
“Wat hier gebeur het, is onaanvaarbaar,” het Sarkozy in Kigali gesê.
“Maar, dit noodsaak die internasionale gemeenskap, insluitend Frankryk, om te besin oor wat ons kon gedoen het om die haglike misdaad te keer of stop te sit.”
- Sapa