Saif se vingers dalk deur vegters afgesny

2011-11-21 14:53
Tweets Share Share line Print

Saif al-Islam se vingers is in verbande volgens beeldmateriaal wat vrygestel is kort nadat hy gevange geneem is. (AP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Tripoli – Saif al-Islam, die enigste seun van Muammar Gaddafi wat nog soek was ná Gaddafi se dood, het Maandag gesê sy hand is tydens ‘n Navo-lugaanval beseer.

‘n Libiese vegter het egter gesê dat hy gesien het hoe een van sy kollegas drie van Saif se vingers afsny.

In ‘n video wat deur vegters van Zintan-stad, waar Saif aangehou word, vrygestel is, het Saif verduidelik hoe hy sy besering opgedoen het.

“Nadat ons Bani Walid verlaat het, is ons deur Navo-aanvallers getref. Altesaam 26 van ons soldate is dood. Die res is almal beseer. Ek is ook tydens die aanval beseer. Dit het sowat ‘n maand gelede naby Wadi Zamzam gebeur,” het hy gesê.

Saif is Saterdag, byna ‘n maand na Gaddafi se dood, in hegtenis geneem.

In teenstelling met wat Saif gesê het, het ‘n soldaat op ‘n program wat op Libiese televisie uitgesaai is, gesê dat hy persoonlik gesien het hoe een van sy kollegas Saif “se vingers afgesny het.”

Die kollega het dit glo gedoen omdat Saif sy vinger op ‘n dreigende wyse na hulle gewys het.

Saif (39) is Saterdag naby aan Libië se grens met Niger gevange geneem. Kort nadat hy vasgetrek is, het beeldmateriaal die vingers aan sy regterhand in verbande gewys.



– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa-DPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.