Saboteur blaas gaspyplyn na Israel, Jordanië op
2011-07-04 12:41
Kaïro – Saboteurs het ‘n Egiptiese gaspyplyn in die Sinai-skiereiland Maandag opgeblaas, wat voorraad na Israel en Jordanië afgesny het, het ‘n sekuriteitsbeampte gesê.
Beamptes het gesê dat 'n motor naby die pyplyn in die Bir al-Abd-omgewing, sowat 80 km van die noordelike dorp El-Arish in Sinai, kort voor die ontploffing parkeer was.
Nooddienste is na die omgewing ontbied om die brand onder beheer te bring, het die beampte gesê.
Dit was die derde aanval sedert 'n opstand in Egipte president Hosni Mubarak gedwing het om te bedank.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP