SAners ly oor ‘humanitêre krisis’ in Soedan

2011-06-23 08:05
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Verskeie Suid-Afrikaners bevind hulle midde-in wat hulle beskryf as ’n menslike tragedie wat hom in die grensgebied tussen die Soedan en Suid-Soedan afspeel.

Etlike gemeenskappe soos Kadugli aan die noordekant van die grens in die Suid-Kordofan-provinsie is reeds die afgelope twee weke omtrent geheel en al van die buitewêreld afgesny.

Soldate van die Soedanse weermag beset die lughawe en dreig om vliegtuie van die Verenigde Nasies (VN) af te skiet as hulle sou durf voorrade inbring.

Aan die ander kant van die grens is die situasie ewe benard en vertel een Suid-Afrikaner hulle is afhanklik van vars kosvoorraad van Khartoem, waarvan die lewering nou al weke lank onderbreek word.

Dié gebied val in die bestrede Abyei-grensstrook, waar die meeste olievelde ook is.

By Kadugli grens die VN-missie in die Soedan (UNMIS) aan ’n vlugtelingkamp waar hoofsaaklik vroue en kinders skuil.

Duisende inwoners is reeds dood in die geweld wat sedert die begin van Junie weer losgebars het.

Baie mense het in die Nuba-berge gaan skuil, sê die raad vir buitelandse aangeleenthede (www.cfr.org), ’n internasionale dinkskrum oor wêreldkwessies.

Dié raad meen ’n konflik soortgelyk aan dié in Darfoer dreig om op die grens te ontstaan – dít terwyl Suid-Soedan op 9Julie sy onafhanklikheid vier en die VN se mandaat in die Soedan op dié datum tot ’n einde kom.

Die hernieude geweld het losgebars toe die Soedan beweer het Suid-Soedanse skerpskutters het sowat drie weke gelede eerste op sy inwoners losgebrand.

Die Soedan het ’n brigade soldate in die Abyei-gebied ontplooi, sowel as vegvliegtuie.

“Suid-Kordofan is ’n oorlog­sone. Die Soedanse weermag bombardeer elke dag die gebied met Antonov- en MiG-vliegtuie. Dié se soldate het ook beheer oor die lughawe, terwyl omtrent elke pad in die gebied met myne beplant is,” vertel een Suid-Afrikaner. Nie een van die Suid-Afrikaners wil geïdentifiseer word nie weens die aard van hul werk.

Die VN het vir verskeie van sy agentskappe daar groot hoeveelhede voorraad uitgeplaas in die lig van die huidige gebrek aan vlugte. Enkele helikoptervlugte gaan wel nog voort.

Die VN se kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede (OCHA) het vandeesweek versoek dat ’n humanitêre korridor dringend geskep moet word om voorraad van noord na suid in die Abyei-gebied te vervoer.

“Die Soedanse weermag skiet op voorraad-trokke op die grens. Daar is groot tekorte aan drinkwater en kos op ons dorp (net suid van die grens). Ons drink reeds reënwater en die plaaslike mense het niks om van te lewe nie,” vertel een Suid-Afrikaner.

Aan die ander kant van die grens sê nog ’n Suid-Afrikaner, wat vir ’n VN-agentskap werk, dat hulle in hul kamp bly aangesien mense letterlik voor die hekke van hul kamp deur Soedanse soldate doodgeskiet is.

Die regerings van die Soedan en Suid-Soedan het weliswaar vandeesweek ’n ooreenkoms onderteken ingevolge waarvan hulle onderneem om hul soldate aan die grensgebied te onttrek. ’n Neutrale vredesmag van Ethiopië sal vervolgens daar ontplooi word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: soedan

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Procurement Administrator - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Research and Information capturer - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.