SAOG-leiers lees Mugabe leviete voor oor verkiesing

2011-06-12 09:04
Tweets Share Share line Print

Pres. Robert Mugabe het gisteraand gehoor in watter omstandighede ’n verkiesing in Zimbabwe gehou mag word.

In ’n buitengewone sitting van staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Johannesburg is die “verwysingsraamwerk en voorwaardes” vir die hou van ’n vreedsame verkiesing aan sowel Mugabe as sy opponent en eerste minister, Morgan Tsvangirai, voorgehou.

In wat gister deur amptenare beskryf is as ’n “ontwerp-padkaart” na ’n grondwetlike refe- rendum en dan parlementêre en presidentsverkiesings, is die datums daarvoor egter nie vasgestel nie.

“Dis vir die Zimbabwiërs self om te besluit,” is aan Rapport gesê.

Na verneem word, is Mugabe nou meer daarvoor te vinde dat verkiesings eers vroeg volgende jaar plaasvind, mits die referendum oor ’n nuwe grondwet nog vanjaar gehou word.

Ingevolge die “padkaart,” waarin Rapport gedeeltelike insae gegee is, moet die partye in die huidige regering van nasionale eenheid aan vier voorvereistes voldoen:

* “’n Onmiddellike einde moet gemaak word aan die huidige geweld, intimidasie, haat-spraak, teistering en enige ander optredes wat die bestaande skikkingsooreenkoms in die gedrang bring.

* “Die vestiging van omstandighede waarin vrede, veiligheid en vrye politieke aktiwiteit moontlik is.

* “Die referendum en die verkiesing moet gereël word en plaasvind ingevolge die beginsels en riglyne vir die hou van demokratiese verkiesings.

* “SAOG-waarnemers moet toegelaat word om die aanloop tot die stemmery te monitor.”

Die spitsberaad gisteraand het plaasgevind nadat Mugabe Vrydagaand ’n ure lange “welwillendheidsbesoek” aan pres. Jacob Zuma, die SAOG-fasiliteerder, gebring het.

Dié besoek kom nadat verhoudinge tussen hulle in Maart vanjaar versleg het tydens ’n SAOG-beraad in Zambië.

By dié geleentheid het die SAOG onder Zuma se voorsitterskap veral die Zimbabwiese veiligheidsdienste, wat regstreeks onder Mugabe se beheer staan, veroordeel vir die “polarisering van die politieke omgewing deur die toename in geweld, arrestasies en intimidasie in Zimbabwe”.

Mugabe het sedertdien verskeie vrugtelose pogings aangewend om sy verhouding met Zuma en veral die Suid-Afrikaanse onderhandelingspan in Zimbabwe te herstel.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.